Fokus op Nasie in Gesprek
»Die immergewilde Nasie in Gesprek wat plaasgevind het tydens die jaar se NAMPO Oesfees, word tans in hoogtepunte uitgesaai op kykNET, kanaal 144 op Sondag middae.
Indien u die hoogtepunte van Dag 1 en 2 misgeloop het (soos uitgesaai op Sondag 25 Mei en 1 Junie onderskeidelik) loer gerus na die YouTube kanaal waar nuwe insetsels gereeld gelaai word.
Die opvolgreeks "Nasie in Gesprek" word tans uitgesaai op kykNET se ontbytprogram, Dagbreek, elke Dinsdag en Donderdagoggend net na 5:30.
Kliek hier
Graan SA se posisie betreffende grond hervorming
Uitvoerende Hoofbestuurder, Jannie de Villiers, bespreek Graan SA se posisie wat grond hervorming aanbetref. Kyk gerus na die insetsel van Nasie in Gesprek uitgesaai op kykNET Dagbreek.
Kliek hier
Terug na bo |